Bakterieë kan die wêreld red!

Gesond wees begin by gesond eet. Die sosiale media gons oor superkosse, oor allergieë wat dalk deur gifstowwe soos glifosaat veroorsaak kan word, oor diëte sonder stysel en suiker, oor die voordele en nadele van vleis en oor organiese produksie. [...]

By |2019-02-20T13:30:49+02:00Februarie 20th, 2019|Categories: Webjoernaal|Tags: , , , |0 Comments

Die impak van klein inkrementele veranderinge op winsgroei

Besigheidseienaars gebruik gewoonlik die konvensionele rekeningkundige maatstawwe vir die bepaling van wins Die vergelyking lyk as volg:  Inkomste - Uitgawes = Wins Alhoewel hierdie benadering nie verkeerd is nie, skep dit egter min geleentheid om wins te verhoog. Volgens hierdie [...]

Bewaringslandbou – die bondgenoot van die produsent, grond en klimaat

In ‘n vorige artikel is gekyk na omgekrapte weerpatrone as ‘n werklike of bydraende oorsaak en gevolg van die stofstorms. Die herstel van grondgesondheid, grondagteruitgang, aardverwarming, produktiwiteit en volhoubaarheid is alles onlosmaaklik gekoppel aan mekaar en die oplossing kom eenvoudig [...]

Mediese Noodgevalle (Beserings) – Deel 2

In ‘n eerste deel van hierdie reeks van artikels is inleidend gekyk na die algemene voorbereiding wat nodig is vir ‘n noodsituasie, asook watter noodmiddele voorsiening voor gemaak moet word. Riglyne is ook gegee oor die belangrikste eerste stap in [...]

By |2019-02-20T04:45:39+02:00Februarie 20th, 2019|Categories: Gesondheid, Webjoernaal|Tags: , , , |2 Comments

Waarom selfstandige navorsing aan privaat universiteite suksesvol moet wees

Die vraag kan gevra word in welke mate is navorsing wat aan Suid-Afrikaanse Universiteite gedoen word suksesvol en relevant. Privaat hoër-onderwysinstellings wat in Suid-Afrika geregistreer is, ontvang geen staatsubsidies of staatsondersteuning vir enige navorsingprojekte nie, maar word tog onder dieselfde [...]

Mediese Noodgevalle (Beserings) – Deel 1

Plaasgemeenskappe leef uiteraard in relatiewe afsondering en moet dus in ‘n groot mate selfversorgend wees … vandaar die gesegde: ”‘n boer maak ‘n plan”. Dit is dan ook die essensie van sukses in ‘n noodgeval,  veral wanneer dit spoedeisend van [...]

Bereken die grootte van jou sonkragstelsel in vier eenvoudige stappe.

Veiligheid Voordat ons met die vier stappe begin, is dit belangrik om kennis te neem van veiligheidspraktyke tydens elektriese installasies en van regulasies en installasiestandaarde. Plaaslike regulasies vereis dat ‘n Voldoeningssertifikaat of CoC (Certificate of Compliance) vir elke elektriese installasie [...]

By |2019-02-13T15:45:59+02:00Februarie 6th, 2019|Categories: Doen-dit-self (DIY), Energie|12 Comments

Omgekrapte weerpatrone en verwoestende stofstorms: Die probleemstelling

Suid-Afrika het waarskynlik nog nooit die vlakke van uiterste weerpatrone en stofstorms ervaar soos in die huidige seisoen nie. Temperature het rekordvlakke bereik te midde van ‘n ernstige droogte oor omtrent die hele somersaaigebied. Terselfdertyd het stofstorms amper op ‘n [...]

Beste waterbestuurspraktyke vir besproeiingstelsels

Wanneer ons waterbronne onder druk kom, is dit nodig dat ons kyk na ons watertoedieningspraktyke en hoe bestuur toegepas kan word om die beskikbare water meer doeltreffend te gebruik. Beste bestuurspraktyke sluit in grondkartering, waterkwaliteitsmonitering, besproeiingskedulering, gebruik van afstandswaarnemingstegnologie, outomatisering [...]