Die eetbare tuin

Deel die artikel met jou vriende:

‘n Mens raak maklik ongeërg oor dinge – veral as jy ‘n huis, ‘n werk, kos en water het.  Maar wanneer enigeen van daardie hulpbronne verdwyn of stadig wegkwyn skrik mens wakker, maar dan is dit dalk te laat – soos enigeen wat Kaap toe verhuis het kan bevestig.  Naas water is die belangrikste prioriteit om kos op die tafel te sit.  As mens so geseënd is om ‘n lappie grond te besit of te beheer, is dit ‘n uitstekende plan om dit in ‘n groentetuin te omskep.  Die voordele daarvan is voor die hand liggend – jy produseer jou eie gesonde gifvrye kos, dit word ‘n gesinsaktiwiteit, julle kry oefening in en jy bespaar op die koop toe sommer baie geld en dit is omgewingsvriendelik.

Onderstaande aanbieding oor die “Eetbare Tuin” het tydensKragDag 2018 in die Raadsaal plaasgevind.

Dr Durand is tans Senior Lektor by die Universiteit van Johannesburg in die Dierkunde Department. Hy het ‘n BSc in Plant & Dierkunde en ‘n BSc (Hons) in Dierkunde in 1983 en 1984 verwerf. Gedurende 1990 verwerf hy ‘n PhD in Paleontologie aan die Universiteit van die Witwatersrand en doen in 1993 ‘n Nagraadse Diploma in Museumkunde aan die Universiteit van Pretoria. Dr Francois is nie net ‘n akademikus van formaat nie. Hy is ook ‘n kunstenaar waar hy illustrasies in boeke en tydskrifte gedoen het soos o.a. MacRae, C. (1999) Life etched in stone; Archimedes; Eerstedagkoeverte en reeks seëls oor die hominien-fossiele van Suid-Afrika (2006); Goue munte met die Rise of the Dinosaurs as tema vir die Suid-Afrikaanse Munt se Natura reeks wat later die jaar uitgereik sal word. Sy ander belangstellings handel oor Volhoubaarheid: kostuine, alternatiewe energie, metaalwerk, leerwerk.

 

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
By |2018-12-06T11:07:18+00:00Desember 6th, 2018|Categories: Voedselproduksie, Webjoernaal|Tags: , , , |1 Comment

About the Author:

One Comment

  1. Gert Kruger 2018-12-06 at 22:18 - Reply

    Dankie vir al die inligting. Ek kweek vir jare al my eie groentes in my agterplaas hier in Wierdapark, Verwoerdburg. Jammer ek kan nie foto’s hier stuur nie.

Leave A Comment

*

code