Deel die artikel met jou vriende:

In hierdie aanbieding deur Dawie Roodt, wat by Sakeliga KragDag 2018 gelewer is, word ‘n kort inleiding gegee oor politieke/ideologiese veranderings internasionaal en plaaslik. Vervolgens word ‘n ontleding gegee van ekonomiese tendense, waarna geëindig word met “kripto” geldeenhede en hoe tegnologie dit makliker gaan maak om onafhanklik te wees.

Dawie Roodt is ʼn stigterslid, direkteur en die hoofekonoom van die Efficient Groep.

Dawie is ʼn bekende Suid-Afrikaanse ekonoom met sowat 30 jaar ervaring. Hy spesialiseer in monetêre en fiskale beleid en is aktief betrokke by die bestuur van kliënte bateportefeuljes. Dawie is die mees aangehaalde Suid-Afrikaanse ekonoom. Hy het ‘n Meestersgraad (cum laude) in Ekonomie verwerf en is al vir 14 jaar die ankeraanbieder van die televisie-program Ontbytsake.

Dawie is ‘n aanbieder van meer as 800 televisie- en 1500 radioprogramme, was ekonomiese redakteur van ’n finansiële tydskrif, is tans rubriekskrywer vir ‘n aantal publikasies, is ‘n voormalige lid van die Besigheidseenheid van Suid-Afrika (BUSA), die Nasionale Ontwikkeling en Arbeidraad (NEDLAC) en van die Instituut van Direkteure van Suid-Afrika (IODSA).

Dawie is ‘n amateur igtioloog (viskundige). Hy neem deel aan ‘n verskeidenheid sportsoorte (diepseeduik, kleiduifskiet, hardloop en swem) en maak sy fliekdebuut in die film “Babelas”.

Dawie is is getroud met Marina, ’n veearts en hul oudste dogter Danielle is tans besig met haar PhD in Genetika. Kristoff, hul seun studeer Regte aan die Universiteit van Pretoria en Daria en Yulia, hul tweelingdogters, is vyf jaar oud.

 

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

5.00 avg. rating (92% score) - 1 vote