Deel die artikel met jou vriende:

5de Laan New York in 1900 – tussen ‘n straat vol perdekarre was daar darem een motorkar.

Binne vyf tot tien jaar gaan die meerderheid motors op ons paaie in alle waarskynlikheid elektriese motors wees, maar dit is nie al nie … In die video hieronder verskaf die ontwrigtingstegnologie kenner, Tony Seba, ‘n aangrypend interessante blik op die toekoms van energie en vervoer. Hy vertel hoe “slim” mense (kenners en die persone wat oor binnekennis beskik), meestal die toekoms totaal verkeerd voorspel en hoekom uitnemende groot maatskappye deurgaans die geleentheid wat markontwrigtings bied, mis. Maar wat is markontwrigting en hoe ontstaan dit? Tony verduidelik wat eksponensiële groei is en wys op die historiese werklikheid daarvan as ons na tegnologie kyk. Bykomend geskied markontwrigting gewoonlik daar waar verskillende snelontwikkelende tegnologieë bymekaar kom om ‘n kumulatiewe impak te veroorsaak. En dan begin die avontuur in sy aanbieding: Wat lê vir ons voor? (Wenk: Begin daaraan dink om van jou kar ontslae te raak voor jy onkant gevang word … en terwyl jy besig is, maak sommer ook gereed om vir Eskom te groet.)

Dit is amper ondenkbaar, maar ééndag is om die draai.

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————-

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

5.00 avg. rating (96% score) - 4 votes