Laai Gebeuree

(Besprekings sluit 7 November 2018)

Hierdie kursus is vir die persoon wat ‘n nuwe besigheid van die been af bring, vir die ouer wat graag vir sy/haar kinders wil help met take of verjaarsdag uitnodigings, vir die kreatiewe persoon wat graag self iets wil maak.

Kursus Inhoud

Jy sal leer om ontwerp te doen deur slegs programmatuur te gebruik wat gratis beskikbaar is vanaf die internet.

Wat jy als sal kan ontwerp:

  • Besigheidskaartjies
  • Pamflette
  • Advertensies
  • E-pos handtekeninge
  • Facebook hoofde en nog baie meer.

Hierdie kursus gebruik nie “Photoshop” of “Illustrator” nie, maar kan amper net so veel regkry soos hierdie gevorderde programme. Met geduld en oefening sal enigiemand hierdie programme kan gebruik om ongelooflike ontwerpe te maak.

Jy hoef niks voorafondervinding met uitleg te hê nie. Ons begin van voor af en al wat jy moet doen is om op te daag met jou skootrekenaar wat ‘n wi-fi fasiliteit het. Sien jou daar!

Ontwerp jou eie Wêreld!

Meer oor die aanbieder

Die kursus word deur Muldene Holloway aangebied wat al vir 15 jaar doenig is in die ontwerperswêreld. Kunsreproduksies, fotoverwerking, fotografie, videografie asook video verwerking, logo ontwerpe, webtuiste ontwerp en ontwikkeling en verpakkingsontwerp is van die dinge waarmee sy al gewerk het en tans mee besig is. Sy vier ook hierdie jaar haar 5 jaar herdenking van haar eie ontwerpsmaatskappy, Ginger Designs. Sy hou daarvan om haar wêreld interessant te hou met verskillende kreatiewe dinge waarmee sy haarself besig hou en glo dat dit die antwoord is tot nimmereindigende kreatiewe genot!

“As jy een ding geleer het, moenie tevrede wees met net daardie informasie nie. Brei uit, eksperimenteer en gou sal jy vind dat jou kreatiewe brein gaan verdubbel in grootte en krag.”

Kaartjies

Kaartjies is nie meer beskikbaar nie