Loading Events
This event has passed.

Tickets

The numbers below include tickets for this event already in your cart. Clicking "Get Tickets" will allow you to edit any existing attendee information as well as change ticket quantities.
Tickets are no longer available

Ontwikkel ‘n uitstekende Digitale Bemarkings plan – Werkswinkel

Wat is die beste? Facebook, Google, Twitter, Pinterest, Kontent bemarking, Nuusbriewe, weet iemand? Ek is van 2005 af betrokke by internet bemarking en het die golwe gesien kom en gaan, my opinie is dat dit nie ‘n komplekse vraag hoef te wees nie. 

Vertel my meer van jou besigheid en hoe jy nou kliënte werf en ek kan jou help om die regte aanlyn platvorms te gebruik vir meer verkope en winste.  Hierdie eendag aanlyn bemarkingswerkswinkel sal jou help om die regte platvorms te kies en om dit koste-effektief te bestuur.

Gedurende die afgelope twaalf jaar het ons menige besighede gehelp om te groei, met enige iets tussen 20% en 200%. Daar was besighede wat binne ‘n paar maande met meer as R100 000 wins per maand gegroei het deur die regte aanlyn platvorms te gebruik.

Een kliënt het ‘n buitelandse kontrak van baie miljoene rande gekry nadat ons sy webtuiste hersien het om gebruiker- en soekvriendelik te wees.

Werkswinkel Agenda

  • Stel bemarkingsdoelwitte op

  • Aanlyn navorsing oor soekwoorde

  • Stel persoonlikheidsprofiele van jou teikenmark op

  • Ontwikkel ‘n Kontent(Inhoud)-bemarkingsplan

  • Ontwikkel ‘n bemarkings-georiënteerde gebruikersvriendelike Webbladsy

  • Ontwikkel ‘n plan ten opsigte van die toepaslike Sosiale Media platforms

  • Ontwikkel kontentaanbiedings om kontakte deur die Web te verkry

  • Skryf webjoernale (blogs) en webwerfkontent na aanleiding van die voorafgaande beplanning

  • Implementeer bemarkings-outomatisering

  • Voer Digitale Bemarkingsplanne uit

  • Meet Digitale Bemarkingsaktiwiteite en doen aanpassings waar nodig

  • Optimeer Kliëntverkrygingskostes

Meer oor die aanbieder

Elmo Lombard het die voorreg gehad om by groot internasionale besighede soos Deloitte Consulting en T-Systems te werk, waar hy ondervinding opgedoenhet deur aan groot “Blue Chip” maatskappye soos BHP Billiton, Netcare, Accenture, IBM, om ‘n paar te noem, dienste te lewer.

Hy het geleer om te fokus op strategiese dienslewering tydens sy MBA studies wat hy voltooi het in 2008. Hierdie blootstelling het hom gehelp om op ‘n heel ander manier na kliëntediens te kyk.

Elmo is die eienaar van verskeie besighede, waaronder ‘n digitale bemarkingsbesigheid wat besighede help om hulle produkte en dienste aanlyn te bemark. Hy het kliënte wat nasionaal en internasionaal produkte bemark.

Sy eerste kennismaking met die wêreld van digitale bemarking was in 2005 tydens ‘n kursus wat hy bygewoon het in Toronto Kanada oor die onderwerp.

Elmo Lombard
Elmo LombardDigitale Bemarkings Kenner
Besigheids Konsultant met 12 jaar Digitale Bemarkings ondervinding. Het baie suksevolle Digitale Strategie geloods onder andere een in die VSA.