Laai Gebeuree
Hierdie gebeurtenis is al verby

‘n Paar jongmense het die geleentheid om saam met die wenners van KragDag 2018 se Junior Entrepreneurs kompetisie ‘n paar inspirerende Saterdag opleidingsessies by te woon, waarin die befaamde besigheidsafrigter Fergus Ferguson, besigheidsveranderende wenke gaan deel. Fergus het ‘n hart het vir jong entrepreneurs en deelnemers gaan besigheidsopleiding ontvang waarvoor besigheidsmanne normaalweg duisende rande betaal. Hy bied dit op wyse aan wat nie net leersaam is nie, maar ook genotvol.

Klik HIER om die beoordeling van Pieter van Deventer, een van die oud KragDag junior entrepreneurs wat Fergus se program bygewoon het, te lees.

Datum en tyd

Die vyfde geleentheid vind Saterdag 29 Junie van 11:00 tot 15:00 plaas in Pretoria.

Wie kan bywoon?

Jongmense van hoërskool tot 21 jarige ouderdom.

Tema

Vyf maniere om jou wins te maksimeer.

Koste

Die koste verbonde aan die dag is R100 per kind (ouers is welkom om by te sit).

Besprekings

Bespreek voor of op 28 Junie 2019.

Ontmoet die aanbieder

Fergus is a bestuursrekenmeester wat sy studies (B.Com Hons) gedurende die vroeë tagtigs aan die Noord-Wes Universiteit, destyds PU vir CHO, voltooi het, en ‘n loopbaan as finansiële rekenmeester in die korporatiewe sektor in 1988 begin het. Hy is vining bevorder en is die geleentheid gebied om betrokke te raak in strategiese en korporatiewe bemarking vir Denel Informatics. In 1996 het behaal Fergus sy Meesters in Bedryfsleiding (MBL) graad aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy verantwoordelik aanvaar het vir GeoWorld (Pty) Ltd, ‘n maatsappy wat gespesialiseer het in die verspreiding van geografiese inligtings (GIS) sagteware in Afrika. In 2000 is GeoWorld geïnkorporeer in die Siltek Groep en het Fergus in tipiese entrepreneurstyl sy eie bestuurskonsultasie praktyk begin. Ferguson Consulting (SA) (Pty) Ltd het nou saamgewerk met KPMG en SAB&T op verskeie projekte in die Landbou-, Vervaardigings-, Kleinhandel- en Opleidings-sektore.