Loading Events
This event has passed.

Kom ons praat kaalvuis oor jou besigheid…

GRATIS Besigheidsukses-webinaar

saam met besigheidsafrigter Fergus Ferguson

op 23 Julie om 12h00 – 14h00

Met die uitbreek van COVID 19 word die Suid-Afrikaanse ekonomie deur regeringingrype onder ongekende druk geplaas en word entrepreneurs voor die keuse geplaas om tot poeier verdruk te word, of om as diamante uit die stof op te staan.

Die bestuur van KragDag het dit goed gedink om in samewerking met ActionCOACH FergusMor ‘n slypskool aan te bied, welke oor ‘n periode van ‘n jaar ‘n groep entrepreneurs deur die herontplooiingsfase van die post-COVID 19 te begelei.

“Indien jy met die ondervinding wat jy tot nou toe in jou besigheid op gedoen het, die geleentheid sou kry om dit oor te doen, wat sou jy anders doen?” Hierdie unieke besigheidsafrigtingsgeleentheid sal, oor ‘n periode, jou help om bogenoemde vraag aan die hand van die volgende kurrikulum te beantwoord:

  1. Formule vir Lewenssukses
  2. Formule vir Verandering
  3. Definisie van ‘n Suksevolle besigheid
  4. Eksponensiële Besigheidswaarde
  5. Die Entrepreneuriese leer:
    1. Student / Vakleerling
    2. Werknemer
    3. Selfstandige eienaar
    4. Bestuurder
    5. Besigheidseienaar
    6. Entrepreneur
    7. Belegger
  6. Ses stappe tot reuse resultate
  7. Bemeestering
    1. Elimineer chaos in jou besigheid en verseker stabiliteit
    2. Die vier areas van bemeestering wat bespreek sal word, dek Bestemmings-, Finansiële-, Tyd-, Leweringsbemeestering in
  8. Nismark
    1. Die skep van voorspelbare kontantvloei
    2. Strategieë om prys as mededingingsvoordeel te elimineer. Hoe om jou unieke waarde-proposisie tot jou voordeel in te span en te waarborg
  9. Hefboomkrag
    1. Strategieë om effektiwiteit te verhoog en optimale tydsbenutting
    2. Die belangrikheid van voordurende toetsing, meting, aanpassing en verbetering
    3. Vyf maniere om ‘n besigheid te ontwikkel en winsgewendheid te verbeter
    4. Nege wyses waarop jy jou besigheid kan sistematiseer vir optimale funksionering
    5. Visie, Missie, Doelwitstelling, Kontrakte, Sleutelprestasie aanwysers
    6. Vier areas om sisteme te implementeer:
      1. Sisteme en tegnologie
      2. Lewering en distribusie
      3. Boekhouding
      4. Personeelontwikkeling
  10.  Span
    1. Skep en ontwikkel ‘n effektiewe onderbou
    2. Bemagtiging van personeel
    3. A, B en C-spelers
    4. Sleutels tot die ontwikkeling van ‘n wenspan
  11.  Sinergie
    1. Verseker ‘n goed ge-oliede besigheidsmasjien
  12.  Resultate
    1. Dra by tot jou persoonlike groei en die breë ekonomie.

Ons wil jou, as entrepreneurs of besigheidseienaar, graag uitnooi om op 23 Julie om 12:00 – 14:00 die webinaar-toeligtingsessie aangebied deur Fergus Ferguson, van ActionCOACH FergusMOR, saam met ons by te woon.

Registreer

Ontmoet die aanbieder.

Vir meer besonderhede oor Fergus Ferguson besoek https://fergusferguson.actioncoach.com/

Loer ook na Fergus se My Entrepreneurs Credo