Laai Gebeuree
Hierdie gebeurtenis is al verby

Hierdie voldag kursus is vir vroeë besprekers, tot 28 September 2018, beskikbaar vir slegs R900, in plaas van die normale prys van R1 200. Kaartjiebesprekings vir die kursus sluit op 10 Oktober 2018 (om 23:00).

Jou webblad. So mooi soos net jy dit kan doen!

Almal van ons kan baat by ‘n webblad. Dit is iets wat deur alle industrië gebruik word, en jy hoef nie ‘n besigheidseienaar of entrepreneur te wees om die voordele van ‘n webblad te benut nie. Die internet word deesdae oorheers deur bloggers, skrywers, vloggers (Video Bloggers), kunstenaars en ander mense wat hulle passie met die wêreld deel.

Wie het egter die fondse om ‘n ontwerper te kry om hul webblad te maak? ‘n Goeie ontwerper kan soveel as R10,000 vra net vir die ontwikkeling, en daarna selfs nog honderde rande elke maand vir die instandhouding. Hoe gemaak?

Wat as ons vir jou gesê het dat jy jou eie webblad kan ontwikkel – sonder om te programmeer? Jy kan. Moderne tegnologie maak dit moontlik om webblaaie te ontwikkel sonder om ‘n bloue duit van programmering af te weet. Dit is waarvoor ons hierdie kursus aanbied. Sodat jy in een dag alles kan leer wat jy moet weet om jou eie webblad te ontwikkel.

Wat jy in die kursus gaan leer

Teen die einde van die kursus sal jy ‘n webblad – met jou eie gepasmaakte domein – kan ontwikkel.

In die kursus

Ons maak gebruik van WordPress as ontwikkelingsprogram, en AfriHost as derdeparty hostingprogram.

Waarom hierdie kursus

Hierdie kursus gaan dit vir jou maklik maak. Niemand hou daarvan om op die moeilike manier te leer nie. Ons nommer een doel is om hierdie kursus vir jou sinvol, en terselftertyd prettig te maak.

Ontmoet die Aanbieder

Pieter van Deventer is die 18-jarige eienaar van Toekomsweb. Buiten om werkswinkels aan te bied, is daar bittermin dinge wat hy meer geniet as om ‘n webblad te ontwerp (behalwe miskien om oor persoonlikhede te gesels). Hy is ‘n kranige skrywer, en skryf gereeld vir Arendsjeug.co.za en van tyd tot tyd vir TheRebelution.com. Verder skryf hy ook vir Toekomsweb se blog. Hy het ook ‘n spesiale voorliefde vir tale, en kan (buiten Afrikaans en Engels) Nederlands en Manderyns praat. Hy geniet dit om op sy viool te speel, en het al in verskeie streeks en internasionale orkeste gespeel. Op ‘n stadium wou hy ‘n miljoenêr word, maar hy het besluit om eerder DV 2019 te begin met studies as teoloog.

Kaartjies

Tickets are not available as this gebeurtenis has passed.