Loading Events
This event has passed.

Tickets

The numbers below include tickets for this event already in your cart. Clicking "Get Tickets" will allow you to edit any existing attendee information as well as change ticket quantities.
Tickets are no longer available

Hierdie kursus is vir vroeë besprekers beskikbaar teen R1 100, tot 05 Oktober 2020, daarna beskikbaar teen volprys van R1 300 (besprekings sluit op 25 besprekings).

Die kursus is gemik op diegene wat belangstel om met bye te boer en diegene wat net graag meer oor bye wil weet en met een of twee korwe / kaste dit as ‘n stokperdjie wil aanpak.

Die kursus bied aan beginners praktiese advies oor die bewaring van en die boer met bye.

Aan die einde van die kursus, sal jy waardevolle kennis hê oor die samestelling van ‘n korf en kolonie, die lewensiklus van die koningin-, hommel- en werkerbye, basiese korfbestuur, byeboer en voer van jou bye.

Addisioneel, sal jy ook leer hoe om voorkomend op te tree teen peste, oes van jou heuning en rekordhouding van korwe en instandhouding.

Naas die teorie het die kursus ook ‘n baie praktiese inslag en werklike byekorwe met bye sal in die opleiding bestudeer word.

Inhoud

    1. Inleiding tot Byeboerdery
      • Wat is Byeboerdery?
      • Hoekom wil jy bye wil aanhou?
    1. Heuningby: Apis mellifera Scutellata
      • Anatomie
      • Scutellata Familie
      • Lewensiklus
    2. Hoe begin mens?
      • Korf en samestelling van korf
      • Hoe om jou eie swerm te kry
    1. Jou veiligheid
      • Beskermingstoerusting
      • Gereedskap
    1. Korfstaanplekke
      • Kennis van die area
      • Waar om korwe te sit
      • Plasingsdigtheid – hoeveel kaste per staanplek
    1. Korfbestuur
      • Hoe benader mens ‘n korf
      • Wanneer om ‘n korf te besoek
      • Hoe om ‘n korf oop te maak
      • Korfinspeksie
      • Inspeksierooster
      • Inspeksielys
      • Goeie inspeksieverslae
    1. Heuningproduksie
      • Hoe maak bye heuning
      • Verskillende heuningvloei
      • Wanneer om heuning te oes
    1. Afswerm
      • Hoekom swerm bye af
      • Hoe bepaal jy of ‘n kolonie reg is om af te swerm
      • Hoe verhoed jy ‘n kolonie om af te swerm
      • Hoe om voordeel te trek uit afswerm van bye
      • Verdeling van ‘n swerm
    1. Belangrikheid van die Koninging
      • Maagd koningin
      • Ou koningin
      • Swak koningin
      • Vernuwing van koningin
    1. Korf probleme
      • Swak kolonies
      • Lêende werkers
      • Siektes
    1. Voorkoming en bespreking van Varroa en Capensis
    2. Heuning
      • Antibiotiese en anti-inflamatoriese eienskappe
      • Samestelling van heuning
    1. Prakties
      • Inspeksie van korwe op perseel

Die aanbieders

Nico en Darian Grobler

Nico (en sy seun Darian) het vyf jaar gelede begin om ernstig met bye te begin boer. Nico se broer (Hannes) wat reeds die afgelope 23 jaar met bye boer was aanvanklik hulle mentor.  Gou het hulle besef dat hulle moet uitbrei en het besluit om bye verwydering en hervestiging te doen om sodoende kolonies te bekom om die boerdery uit te brei.

Nico wat tot op hierdie stadium van sy lewe in bemarking en advertensie betrokke was het dadelik Bee Guardians (Edms) Bpk geregistreer, handelsmerk geskep en begin om hierdie gespesialiseerde aspek van byboerdery professioneel te begin najaag.
Gekwalifiseer deur IWH (Institute for work at height) doen hy kontraktueel verwyderings van kolonies op selfoon-torings en ander plekke wat moeilik bereikbaar is.  Met meer as 600 verwyderings en hervestigings van wilde kolonies agter die rug en gerugsteun deur NBV (Noordelike Byeboere Vereniging) bied hy en Darian ook spesialis byverwyderings werkswinkels aan vir byeboere wat belang stel in hierdie spesiale aspek van byeboerdery.

In 2018 het hulle op hulle plot in Mooiplaats ‘n heuning botteleringsaanleg ingesit waar heuning grootmaat gebottel word vir kliente. Daar is ook‘n volledig toegeruste heuningkamer met uitswaai fasiliteite beskikbaar aan kleiner boere om self hulle raampies te kom uit-te-swaai en heuning te bottel teen ‘n minimale daaglikse fooi.

Vandag boer hulle voltyds bye met heuning produksie en bestuiwings kontrakte as fokus terwyl al die ander aspekte van die industrie onder The Honey Bee Group as moeder-maatskappy saamgevat word.