Laai Gebeuree
Hierdie gebeurtenis is al verby

Hierdie kurus is vir vroeë besprekers, tot 25 Oktober 2018, beskikbaar vir slegs R1 100, in plaas van die normale prys van R1 300 (besprekings sluit 1 November 2018)

Die kursus is gemik op diegene wat belangstel om met bye te boer, die wat reeds boer, maar meer praktiese inligting en ervaring benodig en selfs diegene wat net graag meer oor bye wil weet en met 1 of 2 korwe / kaste, dit as ‘n stokperdjie wil aanpak.

Die kursus bied aan beginners sowel as opkomende byeboere praktiese advies en toerusting oor die bewaring van, en die boer met bye, sowel as ‘n indruk oor die arbeids- en insetomvang vir diegene wat bye boerdery oorweeg.

Aan die einde van die kursus, sal jy waardevolle kennis hê oor die samestelling van ‘n korf en kolonie, die lewensiklus van die koningin-, hommel- en werkerbye.

Jy sal ook die nodige kennis opdoen om ‘n kolonie te bestuur en te hanteer deur nodige inspeksies en die gepaardgaande praktiese toepassing op die regte tydstip, soos en wanneer dit nodig is.

Addisioneel, sal jy ook leer hoe om voorkomend op te tree teen siektes en die verspreiding van siektes.

Naas die teorie het die kursus ‘n baie praktiese inslag. Werklike byekorwe met bye sal in die opleiding bestudeer word en kursusgangers sal van beskermingspakke voorsien word vir die praktiese gedeelte van die kursus. Omdat daar gewoonlik in die aand met bye gewerk word, sal die kursus eers in die middag begin. Na die teoretiese gedeelte van die kursus sal die kursusgangers laatmiddag met ‘n vleisbraai getrakteer word, waarna die praktiese gedeelte van die kursus sal volg.

Inhoud

    1. Inleiding tot Byeboerdery
      • Wat is Byeboerdery?
      • Hoekom wil jy bye wil aanhou?
    1. Heuningby: Apis mellifera Scutellata
      • Anatomie
      • Scutellata Familie
      • Lewensiklus
    2. Hoe begin mens?
      • Korf en samestelling van korf
      • Hoe om jou eie swerm te kry
    1. Jou veiligheid
      • Beskermingstoerusting
      • Gereedskap
    1. Korfstaanplekke
      • Kennis van die area
      • Waar om korwe te sit
      • Plasingsdigtheid – hoeveel kaste per staanplek
    1. Korfbestuur
      • Hoe benader mens ‘n korf
      • Wanneer om ‘n korf te besoek
      • Hoe om ‘n korf oop te maak
      • Korfinspeksie
      • Inspeksierooster
      • Inspeksielys
      • Goeie inspeksieverslae
    1. Heuningproduksie
      • Hoe maak bye heuning
      • Verskillende heuningvloei
      • Wanneer om heuning te oes
    1. Afswerm
      • Hoekom swerm bye af
      • Hoe bepaal jy of ‘n kolonie reg is om af te swerm
      • Hoe verhoed jy ‘n kolonie om af te swerm
      • Hoe om voordeel te trek uit afswerm van bye
      • Verdeling van ‘n swerm
    1. Belangrikheid van die Koniging
      • Maagd koningin
      • Ou koningin
      • Swak koningin
      • Vernuwing van koningin
    1. Korf probleme
      • Swak kolonies
      • Lêende werkers
      • Siektes
    1. Voorkoming en berperking van Varroa en Capensis
    2. Heuning
      • Antibiotiese en anti-inflamatoriese eienskappe
      • Samestelling van heuning
    1. Prakties
      • Inspeksie van korwe op perseel

Die aanbieders

Werner Muller

Werner het op die vroeë ouderdom van 19 jaar, as ‘n student met bye begin boer. Na drie jaar het hy byna opgegee aangesien dit vir hom gevoel het asof die bye nie regtig heuning (of GELD) maak nie. Gelukkig het hy vasgebyt en 21 jaar later is hy ‘n professionele, kommersiële byeboer.

Werner het sy studies as ‘n bourekenaar (quantity surveyor) voltooi en is mede-stigter van Raubex Building (Pty) Ltd, wat gegroei het tot ‘n R800 million jaarlikse omset maatskappy.

Terselfdertyd het Werner sy byeboerdery laat groei tot ‘n winsgewende besigheid.

Daar is slegs sowat 21 professionele byeboere in Suid-Africa. Werner is een van min boere wat in een vloei 10 ton heuning kon produseer en behoort dus aan die 10 Ton Klub.

Werner het sy boerderybesigheid, Summer Sunshine, opgebou om byekorwe, supers en staanders te vervaardig. Die fabriek produseer gemiddled 250 korwe per maand. Die korwe is van die hoogste gehalte en kan tot 20 jaar hou.

Met die groei van Summer Sunshine, kon Werner nie meer alles behartig nie, en Yochanan Smith het deel van die span geword.

Yochanan Smith

Yochanan Smith het as leerlingklerk in ‘n prokureurs firma tot die insig gekom dat bemarking, eerder as die regsberoep, sy veld is. Hy het as eindomsagent begin werk en was later as bestuurder by Aida Eiendomme aangestel. Hy het daarna sy eie eiendomsagentskap gestig.

Yochanan het ook in die boubedryf betrokke geraak en het as alleeneienaar van Sheva Construction, spekulasie huise gebou.

Sowat vyf jaar gelede het Yochanan ‘n paar byekorwe gekoop en probeer om met bye te boer as ‘n stokperdjie. Na vele gesukkel en slegte resultate, het hy Werner genader vir hulp en advies. Bande is gesmee en Yochanan behartig nou onder Honey & Hives die bemarking van heuning, byekorwe, supers en staanders asook alles wat met die byebedryf gepaard gaan.

Werner se passie, kennis en ervaring van bye is oorgedra na Yochanan en daaruit is besluit om dit ook met ander te deel deur die aanbied van byeboerkursusse.

Kaartjies

Tickets are not available as this gebeurtenis has passed.