Loading Events
This event has passed.

Tickets

The numbers below include tickets for this event already in your cart. Clicking "Get Tickets" will allow you to edit any existing attendee information as well as change ticket quantities.
Tickets are no longer available

Hierdie kursusbespreking is beskikbaar teen R900 (dit sluit die brandtoerusting pakket in)  en R500 (sou jy jou eie brandtoerusting bring) (besprekings sluit op 15 September 2021 om 23:00).

Leer pirografie

Wat is pirografie? Die proses om ontwerpe op hout, leer, ens. met ‘n verhitte gereedskap te brand. So het elkeen van ons `n kustigheid binne in ons wat ontgin moet word. Hierdie kursus gaan jou instaat stel om jou ontwerp op hout te brand. Die moet en moenies word dan in die teorie uiteen gesit. Die kies van punte op die soldeerbout om die regte effek te bewerkstellig om die ontwerp jou eie te maak. Die kies van hout om by jou ontwerp in te pas.

Die houtbrand soldeerbout soos in foto aangedui is teen `n spesiale prys vanaf Jimnettes Lynnridge Mall beding. Hierdie kwaliteit produk word plaaslik vervaardig. Die pakket bevat ook verskillende punte wat hierdie `n waardevolle toevoeging tot die kursus maak.

Die kursus vind plaas by Crafter Inn, Bronkhorstspruit waar Thea Hanekom ook die eienaar is. Die kursus word aangebied in `n ontspannend atmosfeer waar elkeen interaktief kan deelneem om die talent wat God jou gegee het te ontgin.

So bietjie meer oor die aanbieder

Thea, het groot geword en haar skoolloopbaan voltooi in Bronkhorstspruit waar sy steeds woon.

Sy was werksaam by die Poskantoor en later Telkom waarvan haar liefde vir kuns reeds op die ouderdom 10 ontstaan het.

Haar passie vir kuns het so ontwikkel dat dit haar doel geword het om mense te inspireer.
“Ek sien my winkeltjie (Crafters Inn) as almal se “happy place”. Dit is belangrik
dat mense arts & crafts doen want dit tel ‘n mens se gemoed op, en is heelwat
goedkoper as terapie”.

Die kindertjies onder haar vlerk het al vele toekennings ontvang vir hul
pragstukke wat hul by haar gedoen het, en het ook erkenning daarvoor ontvang in artikels wat in die plaaslike koerant verskyn het.

“Ek leer self elke dag iets nuuts ek is ook lief vir houtwerk en om iets te skilder.”

Sy is ook al verskeie kere genader as beoordelaar vir die VLU.