Laai Gebeuree
Hierdie gebeurtenis is al verby

Hierdie 10 week aanlyn kursus waarvan die normale prys R2 500 is, is tot 23 April 2018 via KragDag beskikbaar vir slegs R500.

Python Toepassings Op Windows

Python Toepassings Op Windows (PTOW) is ‘n kort, (of dalk nie so kort …) eie-pas aanlyn kursus. Die kursus sal jou leer hoe om jou eie gevorderde programme in die baie gewilde programmeertaal Python te ontwerp, beplan en skryf.

Wat sal jy leer?

Die kursus sal jou te leer van programmering, in die programmeertaal Python, in die besonder op Windows.

Teen die einde van die kursus sal jy:

  • Werklike probleme kan oplos deur gebruik te maak van algoritmiese denke en programmering.
  • Jy sal op ‘n redelike gevorderde vlak kan programmeer.
  • Jy sal intelligente gesprekke kan voer oor Python, HTML en SQLite.
  • Jy sal ingewikkelde programme in Python kan skryf.

In die kursus gaan jy die volgende programmeertale leer:

  • Scratch
  • Python
  • HTML
  • SQLite

Sowel as vele meer onderafdelings en begrippe. Klik HIER om die les-inhoud en kursusplatform te besigtig.

Vir wie is die kursus?

Hierdie kursus is vir die wat dalk alreeds bietjie van programmering weet, of die wat bereid is om teen ‘n vinnige tempo te leer. Gaan hierdie kursus maklik wees? Nee, dit gaan uitdagend wees. Gaan dit lekker wees? Beslis.

Hierdie kursus fokus hoofsaaklik op studente tussen 18 en 40 (maar is nie tot hulle beperk nie).

Moet jy alreeds kan programmeer voordat jy begin? Hoegenaamd nie. In hierdie kursus maak die dosent, Pieter van Deventer, die aanname dat jy nog glad nie tevore die woord programmeer gehoor het nie. Hy vat jou van die programmeer ABC tot by diep begrippe van Objekte en Grafiese programmering op Windows.

Kursusformaat:

Ons volg ‘n 10 week aanlyn kurrikulum wat bestaan uit lesings, verduidelikings en huiswerkopdragte vir elke week. Ons leer jou stap vir stap die boublokke van programmering. Ons leer jou verder belangrike aspekte van programmering soos grafiese ontwikkeling, databasisprogrammering en lêerhantering.

Sertifikaat:

Studente kan aan die einde van die kursus ‘n opsionele eksamen skryf en ‘n sertifikaat apart teen ‘n bykomende bedrag bestel. Die sertifikaat word uitgereik deur die AP Akademie.

Inskrywing vir die kursus:

Sodra ons jou betaling ontvang het, e-pos ons vir jou ‘n skakel, wat jou in staat stel die aanlyn kursus te begin.

Meer oor die aanbieder:

Pieter van Deventer, hoewel nog jonk, het al baie ondervinding in programmering en hy het ‘n spesiale liefde vir die programmeertaal Python. Hy het ‘n eksamen vir Gevorderde Python by die AP Akademie met lof geslaag en Computer Science (CS50) by HarvardX ook met vlieënde vaandels deurgekom. Hy werk alreeds sedert Januarie 2016 as vryskut programmering lektor. As hy tyd het is hy ook ‘n kranige skrywer vir The Rebelution en Arendsjeug. As jy gelukkig is sal jy hom van tyd tot tyd uitvang wanneer hy besig is om ‘n webblad te ontwerp, of ‘n nuwe program te skryf wat volgens hom nog eendag die wêreld gaan verander. Hy is baie opgewonde oor hierdie kursus en sien uit daarna om sy kennis met jou te deel.

Kaartjies

Tickets are not available as this gebeurtenis has passed.