Loading Events
This event has passed.

Tickets

The numbers below include tickets for this event already in your cart. Clicking "Get Tickets" will allow you to edit any existing attendee information as well as change ticket quantities.
Tickets are no longer available

Besprekings sluit op 7 April 2020.

Wil jy van die Eskom netwerk wegbeweeg? Nie seker watter inligting kan vertrou word nie? Dink jy daaraan om ‘n sonkragstelsel te laat installeer of selfs om dit self te doen?

Hierdie gratis aanlyn kortkursus (in die vorm van ‘n webinaar) vind van 9:00 tot 10:30 op 8 April 2020 plaas om agtergrond te gee vir PV-sonkrag entoesiaste en diegene wat bietjie meer kennis oor die veld wil opdoen. Blaai tot heel onder om jou plek te bespreek – die skakel om die kursus by te woon sal voor die tyd vir jou aangestuur word.

In die omvattende kort aanlynkursus gaan die finansiële haalbaarheid van sonstelsels bespreek word. Wanneer is dit vir my as verbruiker die moeite werd om oor te beweeg na ‘n sonkragstelsel of na ‘n alternatiewe energie bron? Hoe evalueer ek die verskillende opsies? Hoe weet ek watter kontrakteur om te gebruik? Watter finansiële opsies is beskikbaar ten opsigte van son-elektriese stelsels en op watter stadium word dit die moeite werd om in batterybanke te investeer?

Die kortkursus dien as voorloper vir die omvattende aanlyn Sonkrag Installasiekursus wat tydens die grendelstaat periode in vier sessies van 13 tot 16 April 2020 (elke dag van 9:00 tot 11:30) aangebied sal word – koste is R900 (‘n 50% afslag op die normale tarief) en besprekings sluit Saterdag 11 April 2020. Klik hier vir meer besonderhede en om jou plek te bespreek.

Ontmoet die aanbieder

Carel Ballack is al meer as 17 jaar betrokke in die Energie en Hernubare Energie sektor. Oorspronklik as entrepreneur en kleinsake-eienaar wat as vakman gekwalifiseer het vir die elektriese-, loodgieter- en gasdissiplines.

Sedert 2010 is Carel betrokke by data-insameling, opleiding, verslagskrywing en verskeie programme wat gesentreer is rondom die ontwikkeling van die fotovoltaïese- en hernubare energie sektore, hoofsaaklik vir Suid-Afrika. Suksesse sluit in kontraktering vir sommige van die grootste wêreldwye hernubare energie organisasies om behulpsaam te wees met strategiese besigheidsontwikkeling in Afrika en die byhou van die mees omvattende databasis van sonkrag-installasies in Afrika deur ‘n deurlopende navorsingsplatform as stigter van PQRS.

Carel (gebore in 1971) is tans ‘n konsultant en verskaf inligting en data wat hulpverleningsorganisasies, Ondernemings Sonder Winsmotief, kommersiële entiteite en belanghebbendes help om strategieë oor besigheidsgroei vir die Hernubare Energie-sektor in SA en Afrika te ontwikkel met behulp van geverifieerde data.

Carel was persoonlik betrokke by opleiding van meer as 2 000 kandidate in sonkrag verwante tegnologieë oor die afgelope sewe jaar en het ‘n reputasie opgebou vir standaarde en kwaliteit vir beide die installering en ontwerp van verskeie sonkragtegnologieë.

Deur hierdie inisiatiewe het hy ‘n gehalteversekeringsprogram ontwikkel vir finansiële instellings, wat die risiko verbonde aan Hernubare Energie projekte vir die sonkragbedryf verminder, Enel, Energy Partners,

Hy was in permanente of op kontrakbasis ook onder andere betrokke by die volgende instansies: Tesla, CDAA (Copper Development Association of Africa), SESSA (Sustainable Energy Accosiation of South Africa), ABB, die Departement van Energie, Energy Partners, Solareff, Wes-Kaap regering in samewerking met GreenCape en SABS (die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde).