Loading Events
This event has passed.

Tickets

The numbers below include tickets for this event already in your cart. Clicking "Get Tickets" will allow you to edit any existing attendee information as well as change ticket quantities.
Tickets are no longer available

Hierdie tweede been van die webinaar kursus is beskikbaar teen R900. Besprekings sluit op 29 Mei 2020. Die kursus is ‘n twee, vier uur sessies (08:00 – 12:00) 30 Mei en 6 Junie.

Wil jy van die Eskom netwerk wegbeweeg? Nie seker watter inligting kan vertrou word nie? Dink jy daaraan om ‘n sonkragstelsel te laat installeer of selfs om dit self te doen?

Die battery kursus word tydens die grendelstaat periode in twee, vier uur sessies (in webinaarformaat) die 30ste Mei en die 6de Junie 2020 (Saterdae van 8:00 tot 12:00) aangebied. Die R900 kursusfooi is ‘n 50% afslag op die normale tarief ten einde die kursus meer toeganklik te maak in hierdie uitdagende tyd. Daar sal geleentheid vir vrae wees na afloop van elke sessie.

Belangstellendes word ook aangemoedig om die GRATIS aanlyn Sonkrag kortkursus opname te gaan kyk.  Dit dien as voorloper vir die Sonkrag Installasiekursus. Klik hier om die GRATIS opname te besigtig.

Die Sonkrag Installasiekursus is die eerste been van ‘n tweeling kursus. Die tweede been is ‘n afsonderlike kursus wat spesifiek oor ‘n batterybank vir jou sonkragstelsel handel.

Hierdie baie kort en omvattende ontwerp-en-installeringskursus is geskep om die behoefte van mense, organisasies of klein besighede aan te spreek, wat basiese inligting oor die grootte, beoordeling en installering van battery-stelsels benodig. Die kursus bevat talle voorbeelde van verskillende tipes batterye wat tydens die kursus omgestuur word en sluit dan ook vergelykende berekeninge in vir ‘n loodsuur en li-ioon battery bank.

As jy gedink het sonkraginstallasies is bo jou vuurmaakplek, sal hierdie webinaarkursus van PQRS jou verras en jou toerus met al die kennis om jou eie sonkraginstallasie te doen. Dit help jou ook om die regte aankoopkeuses te doen as jy sonkragstelselkomponente aanskaf.

Hierdie kursus is ideaal vir Doen-Dit-Self entoesiaste, persone met min of geen elektriese kennis, sowel as elektrisiëns en ander vakmanne.

Kursus doelwitte

Tydens die kursus word voldoende inligting en kennis oorgedra om kursusgangers in staat te stel om:

  • kW vs kWh battery berekeninge te doen en ‘n oorsig te bekom oor die primêre tegnologieë wat huidiglik in Suid-Afrika gebruik word.
  • Te bereken hoeveel batterye ons nodig het en wat ons nodig het om die batterye wat ons gekies het, te laai.
  • Verstaan wat die tipiese foute is wat gemaak word tydens installasie.
  • Te weet wat die standaarde sê oor batterye en hoe dit volgens die standaarde geïnstalleer moet word.
  • Te weet wie ‘n battery installasie mag doen en wie dit mag afteken.
  • Kabel en smeltdraad berekenings vir batterybanke te doen.
  • Installasies veilig en reg te doen en foutopsporing, herstelwerk en onderhoud aan batterybanke te kan doen.

Voorvereistes

Geen formele voorvereistes word benodig om hierdie kursus by te woon nie. Opgewondenheid oor hernubare energie en ‘n gretige verstand sal doen. Hierdie kursus bevat voor-die-hand-liggende berekeninge.

Kursus-struktuur en Inhoud

Die kursus is bedoel vir ‘n aangesig-tot-aangesig leeromgewing en bestaan uit ongeveer 100 skyfies, afgebreek in:

  1. Loodsuur
  2. Li-ioon
  3. Vloei
  4. Super Kapasitors

Ontmoet die aanbieder

Carel Ballack is al meer as 17 jaar betrokke in die Energie en Hernubare Energie sektor. Oorspronklik as entrepreneur en kleinsake-eienaar wat as vakman gekwalifiseer het vir die elektriese-, loodgieter- en gasdissiplines.

Sedert 2010 is Carel betrokke by data-insameling, opleiding, verslagskrywing en verskeie programme wat gesentreer is rondom die ontwikkeling van die fotovoltaïese- en hernubare energie sektore, hoofsaaklik vir Suid-Afrika. Suksesse sluit in kontraktering vir sommige van die grootste wêreldwye hernubare energie organisasies om behulpsaam te wees met strategiese besigheidsontwikkeling in Afrika en die byhou van die mees omvattende databasis van sonkrag-installasies in Afrika deur ‘n deurlopende navorsingsplatform as stigter van PQRS.

Carel (gebore in 1971) is tans ‘n konsultant en verskaf inligting en data wat hulpverleningsorganisasies, Ondernemings Sonder Winsmotief, kommersiële entiteite en belanghebbendes help om strategieë oor besigheidsgroei vir die Hernubare Energie-sektor in SA en Afrika te ontwikkel met behulp van geverifieerde data.

Carel was persoonlik betrokke by opleiding van meer as 2 000 kandidate in sonkrag verwante tegnologieë oor die afgelope sewe jaar en het ‘n reputasie opgebou vir standaarde en kwaliteit vir beide die installering en ontwerp van verskeie sonkragtegnologieë.

Deur hierdie inisiatiewe het hy ‘n gehalteversekeringsprogram ontwikkel vir finansiële instellings, wat die risiko verbonde aan Hernubare Energie projekte vir die sonkragbedryf verminder, Enel, Energy Partners.

Hy was in permanente of op kontrakbasis ook onder andere betrokke by die volgende instansies: Tesla, CDAA (Copper Development Association of Africa), SESSA (Sustainable Energy Accosiation of South Africa), ABB, die Departement van Energie, Energy Partners, Solareff, Wes-Kaap regering in samewerking met GreenCape en SABS (die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde).