Laai Gebeuree

Hierdie voldag kursus is vir vroeë besprekers, tot 8 Junie 2018, beskikbaar vir slegs R1 600, in plaas van die normale prys van R1 800. Kaartjiebesprekings vir die kursus sluit op 27 Junie 2018 (om 23:00).

Prentresultaat vir solar power installation

Wil jy van die Eskom netwerk wegbeweeg? Nie seker watter inligting kan vertrou word nie? Dink jy daaraan om ‘n sonkragstelsel te laat installeer of selfs om dit self te doen?

Hierdie baie kort en omvattende fotovoltaïese sonkrag-ontwerp-en-installeringskursus is geskep om die behoefte aan mense, organisasies of klein besighede aan te spreek wat basiese inligting oor die grootte, beoordeling en installering van sonkrag-stelsels benodig. Waar moonlik bevat die kursus gewoonlik praktiese elemente bv, toets spanning en kortsluitstroom van sonkragpanele, doen eksperimente met skadu en gedeeltelike skadu op panele.

Hierdie is die eerste been van ‘n tweeling kursus. Die tweede been is ‘n afsonderlike kursus wat spesifiek oor batterye handel en wat binnekort ook saam met KragDag aangebied sal word.

As jy gedink het sonkraginstallasies is bo jou vuurmaakplek, sal hierdie PV Express eendagkursus van PQRS jou verras en jou toerus met al die kennis om jou eie sonkraginstallasie te doen. Dit help jou ook om die regte aankoopkeuses te doen as jy sonkragstelselkomponente aanskaf.

Hierdie kursus is ideaal vir Doen-Dit-Self entoesiaste, persone met min of geen elektriese kennis, sowel as elektrisiëns en ander vakmanne.

Ingesluit is ‘n aanbiedingshandleiding met 100 aanbiedingskyfies, middagete en verversings.

Kursus doelwitte

Na afloop van hierdie kursus behoort kursusgangers ‘n duidelike begrip te hê van die grondbeginsels van ‘n fotovoltaïese sonkragstelsel, insluitend verskeie komponente, handelsmerke en funksies van toerusting. Tydens die kursus word voldoende inligting en kennis oorgedra om kursusgangers in staat te stel om:

  • Te beoordeel watter toerusting potensieel van goeie of swak kwaliteit behoort te wees.
  • Te onderskei hoe die fotovoltaïese tegnologieë van mekaar verskil.
  • Te weet wat die mees toepaslike energiestoor tegnologie vir ‘n spesifieke toepassing is.
  • Te verstaan ​​wat die impak is van hitte op modules en hoe om die korrekte dikte kabel te bepaal.
  • Berekeninge te doen vir die ontwerp van ‘n sonkragstelsel.
  • Die kragbehoefte te bereken vir jou huis of besigheid.
  • Om die basiese verskille tussen verskillende tipes sonkragstelsels en -toepassings te verstaan.
  • Te bepaal of dit lewensvatbaar is om van die netwerk te ontkoppel of om ’n netvas (netwerk gekoppelde) stelsel te installeer.
  • Vertroud te wees:
    • Met een van die gewildste wisselrigters in Suid-Afrika.
    • Die standaarde en elektriese regulasies van toepassing op fotovoltaiëse sonkrag en berginginstallasies.
    • Veiligheid met sonkrag installasies.

Voorvereistes

Geen formele voorvereistes word benodig om hierdie kursus by te woon nie. Opgewondenheid oor hernubare energie en ‘n gretige verstand sal doen. Hierdie kursus bevat voor-die-handliggende berekeninge.

Kursus-struktuur en Inhoud

Die kursus is bedoel vir ‘n aangesig-tot-aangesig leeromgewing en bestaan uit ongeveer 100 skyfies, afgebreek in:

  1. Hoofstukke
  2. Modules
  3. Onderwerpe
  4. Konsepte / Beginsels

Die hoofstukke en modules is soos volg:

  1. Algemene elektrisiteit
    1.1. Watt, spanning en stroom
    1.2. Daaglikse gebruik van elektriese eenhede (waar en hoe)
    1.3. Wissel stroom en gelykstroom
  2. Beginsels
    2.1. Serie en parallel koppeling
    2.2. Die effek van hitte op sonpanele
  3. Toerusting
    3.1. Sonpanele
    3.2. Sonlaaier-reguleerders
    3.3. Wisselrigters
    3.4. Batterye
    3.5. Smeltdraad & stroombrekers
    3.6. Geleiers
  4. Installasie strategie
    4.1. Netwerk ontkoppel
    4.2. Netwerk gekoppel
    4.3. Dubbelslag stelsels
  5. Stelsel ontwerp
    5.1. Volgens verbruik
    5.2. Volgens netwerk vereistes
  6. Standaarde
  7. Bedradingsdiagram
    7.1. Voltronic wisselrigter
  8. Berekeninge
    8.1. Elektrieseteits verbruik berekening
    8.2. Battery kapasiteit
    8.3. Battery koste
    8.4. Son paneel serie / parallel
  9. Veiligheid
  10. Verskaffers / fabrikate

Ontmoet die aanbieder

Carel Ballack is al meer as 17 jaar betrokke in die Energie en Hernubare Energie sektor. Oorspronklik as entrepreneur en kleinsake-eienaar wat as vakman gekwalifiseer het vir die elektriese-, loodgieter- en gasdissiplines.

Sedert 2010 is Carel betrokke by data-insameling, opleiding, verslagskrywing en verskeie programme wat gesentreer is rondom die ontwikkeling van die fotovoltaïese- en hernubare energie sektore, hoofsaaklik vir Suid-Afrika. Suksesse sluit in kontraktering vir sommige van die grootste wêreldwye hernubare energie organisasies om behulpsaam te wees met strategiese besigheidsontwikkeling in Afrika en die byhou van die mees omvattende databasis van sonkrag-installasies in Afrika deur ‘n deurlopende navorsingsplatform as stigter van PQRS.

Carel (gebore in 1971) is tans ‘n konsultant en verskaf inligting en data wat hulpverleningsorganisasies, Ondernemings Sonder Winsmotief, kommersiële entiteite en belanghebbendes help om strategieë oor besigheidsgroei vir die Hernubare Energie-sektor in SA en Afrika te ontwikkel met behulp van geverifieerde data.

Carel was persoonlik betrokke by opleiding van meer as 2 000 kandidate in sonkrag verwante tegnologieë oor die afgelope sewe jaar en het ‘n reputasie opgebou vir standaarde en kwaliteit vir beide die installering en ontwerp van verskeie sonkragtegnologieë.

Deur hierdie inisiatiewe het hy ‘n gehalteversekeringsprogram ontwikkel vir finansiële instellings, wat die risiko verbonde aan Hernubare Energie projekte vir die sonkragbedryf verminder, Enel, Energy Partners,

Hy was in permanente of op kontrakbasis ook onder andere betrokke by die volgende instansies: Tesla, CDAA (Copper Development Association of Africa), SESSA (Sustainable Energy Accosiation of South Africa), ABB, die Departement van Energie, Energy Partners, Solareff, Wes-Kaap regering in samewerking met GreenCape en SABS (die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde).

Kaartjies

Unlimited beskikbaar
Sonkraginstallasie- (Vroeë afslag)R 1 600,00Verstaan, beplan en installeer jou eie sonkragstelsel (Vroeë afslag tot 08 Junie 2018)

Vul asseblief al die vereiste velde in