Laai Gebeuree

Prentresultaat vir solar power installationWord energie-onafhanklik! Bring kragbesparende veranderings aan en begin om jou huis te voorsien van elektrisiteit wat met die son opgewek is.

As jy gedink het sonkraginstallasies is bo jou vuurmaakplek, sal hierdie eendagkursus jou verras en jou toerus met al die kennis om jou eie sonkraginstallasie te doen. Dit help jou ook om die regte aankoopkeuses te doen as jy sonkragstelselkomponente aanskaf.

Hierdie kursus is ideaal vir Doen-Dit-Self entoesiaste, sowel as elektrisiëns.

Na die kursus sal jy in staat wees om:

  • die kragbehoefte te bereken vir jou huis of besigheid.
  • ‘n effektiewe sonkragstelsel vir jou huis te ontwerp.
  • te begroot vir die stelsel.
  • die stelsel te installeer.
  • te weet waar om die hardeware te bekom.

Die kursusfooi is R1 800. (R1 600 indien bespreek teen 9 Februarie 2018) Kaartjiebesprekings vir die kursus sluit op 7 Maart 2018. Bring asseblief ‘n sakrekenaar saam. Na afloop van die kursus sal die skyfievertoning aan u deur gegee word.

Kursus Inhoud

  • Die kursus  skop af met elektriese metingseenhede soos kilowatt en kilowatt-uur en maak seker dat almal dit verstaan en gemaklik is daarmee.
  • Kursusgangers doen berekeninge van die elektriese drywing en energie wat benodig word aan die hand van ‘n scenario.
  • Hieruit word die getal sonpanele, batterye en omskakelaars, wat benodig word vir die installasie, bepaal.
  • Verskillende strategieë wat gevolg kan word ten einde aan jou elektristeitsbehoefte te voldoen, word bespreek.
  • Die keuse en gebruik van verskillende onderdele asook elk se voordele en nadele word behandel.
  • Bedradingdiagramme en meganiese koppelinge word verduidelik met in agneming veiligheidsoorwegings.
  • Die kursus word afgesluit met die belangrikheid van elektriese metings – ‘n bekende uitdrukking lui “om te meet is om te weet”.

 

Kaartjies

Unlimited beskikbaar
Sonkraginstallasie- (Vroeë afslag)R 1 600,00Verstaan, beplan en installeer jou eie sonkragstelsel (Vroeë afslag tot 9 Februarie 2018)

Vul asseblief al die vereiste velde in