Loading Events

Tickets

The numbers below include tickets for this event already in your cart. Clicking "Get Tickets" will allow you to edit any existing attendee information as well as change ticket quantities.
Werkswinkel in Pottebakkery
Kreatiwiteit in Pottebakkery Sop en Sjerry ingesluit
R 300,00
Unlimited

Hierdie werkswinkelbespreking is beskikbaar teen R300 per persoon. (Besprekings kan gemaak word tot 11  Augustus 2021 om 23:00).

 

Werkswinkel in pottebakkery

‘n Heerlike geleentheid om die stres van covid te laat vaar en die kunstenaar in jou te ontgin. Genot vir jou of die hele familie. Die werkswinkel word in `n ontspannende atmosfeer aangebied met kuns en kuier. Sop en Sjerrie word ingesluit sodat die koue nie die oorhand kry nie en elkeen sy kreatiewe gedagtes kan laat vloei.

Jy kry die geleentheid om `n klaargemaakte erdewerk hasie te verf soos jy wil. Daarna word die hasie geglasuur en sal dan die volgende week beskikbaar wees vir afhaal.

 

Sonja, die aanbieder was van kleins af n kreatiewe dromer. Haar ma het haar op n vroeë ouderdom leer stik waar sy n liefde vir naaldwerk ontwikkel het. Sy het later vir 5 jaar kunsklasse in Pretoria bygewoon waar sy haar talent vir kleiwerk, verf en teken verder ontwikkel het. Sy het toe met baba treetjies Pretty Pots Pottery Studio begin waar sy nou haar 13 jaar kennis van kleiwerk en kuns met haar studente deel.

Haar werke is daagliks by die Trading Post in Cullinan te sien en die Mooiloop televisiespan het ook voorheen met ‘n episode heerlik by haar in studio gekuier. Sy gee alle eer aan God dat hy haar die geleentheid gee om elke dag haar droom uit te leef.