Forum2017-12-12T08:21:43+00:00

Nersa registrasie van jou persoonlike kragopwekker en sonpanele binnekort 'n vereiste  

  RSS

Deon Vosloo
(@deon-voslooplotnet-net)
Admin
Joined: 1 jaar ago
Posts: 2
2018-01-29 11:06  

Die volgende artikel het in die BusinessTech nuusbrief gedurende Oktober 2017 verskyn: You may soon need to register and pay Nersa for you personal generators and solar panels. Dit is aan ons voorsien deur Chris Schutte; chris@entechcon.co.za.

Hiervolgens, indien die gewysigde Wet op Elektrisiteitsregulering (Wet No 4 van 2006) in werking treë, sal die gebruik van klein elektriese opwekkers gereguleer word, deur verpligte registrasie by die Nasionale Energie Reguleerder van Suid-Africa (Nersa).

Volgens die regsfirma Norton Rose Fulbright sal die beoogde regulering verreikende gevolge hê, aangesien privaat energie-opwekking deur middel van fotovoltaïse sonpanele vermeerder het van 35MW in 2015 tot 159MW in 2016.

Die Departement van Energie het in getuienis voor die parlement kommer uitgespreek oor die inkomsteverlies wat munisipaliteite en Eskom ly as gevolg van die groei in die opwekkingsvermoë van privaatenergie. Hierdie besorgdheid word deur Nersa gedeel.

Die voorneme is deur die minister van energie in 2016 bekend gemaak in ‘n “Draft Licensing Exemption and Registration Notice” wat aan die eenkant verskeie kategorieë van energie opwekkers en elekrtisiteitsherverkopers vrystel van die vereiste om gelisensieer te wees onder die wet. Terselfdertyd word ‘n nuwe vereiste gestel, dat in plaas daarvan om ‘n lisensie te hê, word vereis dat sekere gelyste aktiwiteite ten aansien van energie-opwekking by Nersa geregistreer sal word.

Gelyste aktiwiteite sluit in opwekkingsfasiliteite met ‘n geïnstalleerde vermoë van minder as 1MW, (hetsy netvas of netlos), asook, opwekkingsfasiliteite vir demonstrasiedoeleindes en doeleindes vir bystand of rugsteun in geval van kragonderbrekings (ongeag die opwekkingsvermoë)

In die praktyk kom dit daarop neer dat elke huis, plaas, hotel, hospitaal en inkopiesentrum met sonpanele of dieselgenerators (netvas of netlos) wat ‘n kapasiteit van minder as 1MW het by Nersa moet registreer.

Hierdie wysiging op die Wet bemagtig Nersa verder om aansoeke vir registrasie onder bepaalde omstandighede te weier, insluitend waar die aansoek teenstrydig is met die oogmerke van die Wet. Nie-voldoening aan enige bepaling van die Wet word gesien as ‘n kriminele oortreding en is strafbaar met ‘n boete van R5 miljoen of tronkstraf van tot 5 jaar.

Wat sê ons KragDaglesers hiervan?

 

 


ReplyQuote
Share:
  
Working

Please Login or Register