Forum2017-12-12T08:21:43+00:00

Tuis onderrig  

  RSS

Rhode
(@rhode)
Joined: 10 maande ago
Posts: 3
2018-02-08 15:45  

Beste lede, ek wil meer uitvind omtrent tuisonderrig . My dogter  het begin met tuisonderrig . Ek is nie rusting daarmee nie . Ouderdomme is 7 ,6 ,4 ,2 en 1 .

Kan n ouer soveel aanpak.  ?En ek is bekommerd dat dit geestelik te veel Sal word . ? Groete van Rustenburg Rhode


ReplyQuote
Soekie
(@soekie)
Joined: 10 maande ago
Posts: 1
2018-02-12 20:50  

Goeie Dag Lid Rhode

Mens verstaan heeltemal jou besorgdheid met jou dogter en haar gesin.  Ek myself as 'n Huis gebaseerde opvoedkundige mamma wil jou eerste vra dat die belangrikste ding wat u nou vir u dogter kan doen is om haar te respekteer vir haar keuse en haar al u Liefde en Ondersteuning te gee al verstaan u nog nie haar besluit nie.

Ek is van Groot-Marico, ek het net die inligting stukke wat u nodig om te verstaan hoekom u dogter heel normaal is en die beste besluit ooit vir haar kindertjies geneem het.  U kan of my persoonlik kontak en ek stuur met graagte die inligtingstukke aan.  Of u kan self op Youtube gaan kyk vir Scott Ritsema met dvd's soos Media on the Brain, Raising the Remnant, Schooled en Undoctrinated  so ook gaan kyk vir die dvd van J White Classroom of the Remnant en ook Class Dismissed van Jerry Stuart & Dustin Woodard

Kom so gou as moontlik inverbinding met Mev Karin van Oostrum van Pestalozzi Trust en laat sy 'n deskundige wat al jare in die praktyk is as moeder en verteenwoordiger u meer vertel omtrent hul Tuisonderwys sonder Vrees: Werkswinkel: 17/2/2018  karin@pestalozzi.org

 


ReplyQuote
Rhode
(@rhode)
Joined: 10 maande ago
Posts: 3
2018-02-23 17:15  

Dankie Soekie ,

dis baie bemoedigend wat jy vir my skryf. ek waardeer dit vir die moeite wat jy doen. ek sal gewis van die leesstof kry .

so kies in die mond ons gaan elke jaart na die hervormde kerk se kermis in Groot-Marico .wat n ervaring!!!!!!!

groete vanaf Moewil.

Rhode


ReplyQuote
Share:
  
Working

Please Login or Register