Deel die artikel met jou vriende:

Glikane (glycans) is ’n term waarmee die gewone persoon glad nie vertroud is nie. Die meeste van ons is ook nie bewus daarvan dat daar lank reeds studies oor gedoen is nie. Dit het alles in 1857 begin toe die heel eerste studie oor glikane gedoen is. In 2010 was daar alreeds 22 884 gepubliseerde mediese artikels met die trefwoord ‘glycoprotein’, en in Maart 2020 was daar 838 684 gepubliseerde artikels op PubMed Central (wat net een van verskeie aanlyn wetenskaplike biblioteke is). En selfs met so ’n magdom inligting tot ons beskikking, weet die meeste dokters waarskynlik ook nie regtig wat glikane vir ons gesondheid beteken nie.

Wat is glikane, hoekom is dit belangrik om meer daarvan te weet en te verstaan en hoe werk dit in ons liggame?

Glikane is, baie eenvoudig gestel, plantsuikers. Maar ons moet nie hierdie plantsuikers verwar met rietsuiker nie, hierdie plantsuikers is nie soet nie, maar val eerder in die koolhidraatfamilie. Daar is meer as 300 plantsuikers in die natuur. In 2012 het die Amerikaanse National Academy of Sciences gesê dat ons liggame elke dag 8 tipes glikane nodig het, maar dat ons in ons hedendaagse dieet genoeg van net 2 tipes inkry as gevolg van veranderinge in die manier hoe ons kos verbou, vervoer en voorberei word.

Geen funksie in ons liggame kan plaasvind sonder hierdie 8 tipes glikane nie. Glikane is verantwoordelik vir sel- tot selkommunikasie in ons liggame. Glikane is vir ons liggame wat selfoontorings vir ons selfone is. As daar nie selfoontorings is nie, help jou selfoon jou niks. Jy het die toerusting wat jy nodig het in jou hand, maar jy kan niemand bel nie. Wat ’n frustrasie sal dit nie wees nie!

Glikane stel die selle in ons liggame in staat om boodskappe aan die res van die liggaam oor te dra soos: voed my, herstel my, vernietig my, beskerm my. Só kan ons immuunstelsel ’n kwaadaardige sel opspoor en vernietig voordat die sel te veel verdeel en groot skade in ons liggaam aanrig. Nadelige virusse en bakterieë kan op dieselfde manier opgespoor en uitgeskakel word.

Ons liggame is só ongelooflik want ons liggame kan self weerstand bied teen siektes en vreemde selle wat die liggaam binnekom, as ons net elke dag hierdie 8 tipes glikane kan inkry. Ongelukkig, soos vroeër genoem, kry ons vandag net 2 tipes glikane in voldoende hoeveelheid in die kos wat ons eet. Dit beteken dat die selle in ons liggame nie meer effektief, of in sekere gevalle, selfs glad nie, met mekaar kan kommunikeer nie. Dit het tot gevolg dat siektes en siektetoestande toeneem en dat ons liggame ook nie self iets daaraan kan doen nie.

As ons ‘n perske se voedingswaarde soos in 1950 vergelyk met ’n perske in 2019, is dit ontstellend om te sien dat die 2019 perske maar omtrent 2% van die voedingswaarde het wat die 1950 perske gehad het. Ons kos het eenvoudig nie meer die voedingswaarde as waaraan ons oupas en oumas gewoond was nie.

Die grootste rede hiervoor is dat moderne boerderymetodes meer finansieel gedrewe is en nie meer so op kwaliteit fokus nie. Die fokus word nou eerder op grootte en hoeveelheid geplaas (kwantiteit) eerder as op kwaliteit. Verder word baie skadelike gifstowwe gevind in die kunsmis, insekdoders en besproeiingstelsels wat gebruik word. Dan gebeur dit ook dat vrugte en groente rou gepluk word, en nie in die son ryp word nie. Hierdie groente en vrugte word kunsmatig in koelkamers ryp gemaak op pad na die winkel toe. As ons dus hierdie voedsel eet, eet ons al hierdie gifstowwe sonder dat ons genoeg van die kosbare glikane inkry.

Maar daar is raad voor – natuurlike aanvullings wat gemaak is uit gesonde kos, soos oupa en ouma dit geken het!

Vir meer inligting, kontak Cornelia Coetzee by cornelia@seweasy.co.za, of stuur vir my ’n boodskap na 0829628352, en ek vertel jou meer oor Mannatech se reeks produkte, en ook ’n wonderlike besigheidsgeleentheid. Ons is ook ’n uitstaller by Kragdag. Vir meer persoonlike aandag en inligting, kom besoek ons by die Mannatech-stalletjie in die gesondheidsafdeling.