Deel die artikel met jou vriende:

Die KragDag ekspo is so propvol besienswaardighede en aktiwiteite dat jy onmoontlik alles in een dag kan beleef. Voeg hierby dat die ervaring en belewenis van die KragDag atmosfeer vir talle net te vinnig verby is en jy kom vinnig tot die gevolgtrekking dat kampering in die KragDag kampeerterrein vir die duur van die ekspo die uitstekende ding is om te doen.

Dink daaraan hoe dit sal wees om die deelwees van die genot van die ekspo met ’n familie uitspanning te kombineer. Geen gejaag om deur al die uitstallings te hardloop sodat jy alles in een dag kan inpas nie. Jy kan op jou tyd elke dag ‘n gedeelte van die ekspo meemaak en dit wat vir jou lekker en interessant was weer gaan doen of besoek.

Corcis Outdoor Rentals het met die oog hierop besluit om hande te vat met KragDag ten einde ’n genotvolle kampervaring vir kampeerders te verseker!

Corcis ondersteun die inisiatief om selfonderhoudend te wees en hoe dan anders as jy kamp? Of dit nou met ‘n karavaan is in luuksheid in die Kruger Wildtuin en of dit nou in jou eenmantent is in die Kalahari, kamp is kamp! Daarom het ons besluit om akkommodasie beskikbaar te stel vir uitstallers en besoekers.

Bring jou eie tent/karavaan, OF ons kan vir jou ‘n tent opslaan of karavaan beskikbaar stel.

Corcis se karavane is ten volle toegerus. Jy bring net jou kos (as jy nie iets by die stalletjies wil koop nie), klere, beddegoed en stoele. Al ons karavane het solar panele, gasstowe, yskaste en water.
Die tente daarenteen bestaan uit jou grondseil, kampbedjie, beddegoed (as jy nie jou eie wil bring nie), stoele en ‘n tafel. Daar is verskeie opsies/kombinasies. Besigtig die verskillende opsies op die kampeer besprekingsblad. Bring jou eie eetgerei en toerusting om mee kos te maak.

In die aand kan ons lekker kuier om die kampvuur, ‘n vleisie braai en ‘n koffetjie drink.

Geen op en af geryery en gejaag om elke dag by jou uitstalling/stalletjie/ekspo te kom nie. Die kampplek is veilig en op die terrein. MAAK DIT SOMMER ‘N FAMILIE-UITSTAPPIE!

Corcis het ook ‘n stalletjie by die ekspo waar jy kan kom kyk na ons tente en karavane, sou jy dalk nie nou, maar in die toekoms, wil huur of koop.

Kontak ons vandag nog of bespreek jou kampeerplek of tent/karavaan akkommodasie HIER.

Groete
Kerneels en Cisca Louwrens
082 997 4179 en 082 415 9166

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

4.00 avg. rating (82% score) - 1 vote