Deel die artikel met jou vriende:

KragDag is die grootste alternatiewe energie en selfstandigheid-ekspo in die land (as jy “Afrikaanse” na “grootste” invoeg, kan jy “land” met “wêreld” vervang).

Wanneer en waar vind AfriSake KragDag 2018 plaas?

KragDag het in 2007 ontstaan toe die energiekrisis in die land duidelik begin word het. Dit het aanleiding gegee tot die eerste, baie beskeie, KragDag ekspo in 2008. Die hooffokus was destyds die uitstal van alternatiewe energie om mense die geleentheid te gee om meer toegerus te word om energie-selfstandig te raak. Energie-oplossings is steeds ‘n prominente fokus by die ekspo, maar die ekspo het ook gegroei tot waar dit vandag blootstelling gee aan selfstandigheidsoplossings op verskeie lewensterreine. Die doel met die ekspo is om tegnologie en mense se kreatiwiteit en inisiatief as deel van die skepping te vier, en terselfdertyd met die leuse Doen jou eie ding! mense aan te moedig om innoverend te bou aan ‘n volhoubare selfstandige vrywees lewe, deur self verantwoordelikheid vir hulle lewens te neem. Die KragDag tema strek tans naas Energie oor verskeie terreine soos Opvoedkunde, Veiligheid, Tegnologie, Water, Voedselproduksie, Gesondheid, Konstruksie, Ontspanning, Vervoer, Ekonomie, Finansies, Doen-dit-self planne, die bevordering van ‘n Makersbeweging en Entrepreneurskap en selfs ‘n bietjie lewensbeskoulike Filosofie. KragDag is verlede jaar reeds deur 13 000 mense bygewoon.

Die tema van hierdie jaar se ekspo is Grondslag vir Selfstandigheid! Teen die agtergrond van die huidige aktualiteit van grond en grondonteiening, word erkenning en beskerming van eiendomsreg in alle vryheidsindekse regoor die wêreld beskou as een van die pilare van vryheid. Terselfdertyd is die self verantwoordelikheid neem vir jou en jou gesin se lewe díe grondslag vir selfstandigheid.

 

  • Donderdag 9 Augustus (openbare vakansiedag) tot Saterdag 11 Augustus.
  • Elke dag van 9:00 tot 16:00.
  • Dit vind plaas by die Diamantvallei Landgoed, sowat 20 km oos van Pretoria. Klik HIER vir padaanwysings.
  • Een dag se bywoning is baie beter as niks, maar dit is eintlik te min om by alles uit te kom. Net die sprekers in die Raadsaal alleen maak dit die moeite werd om die ander dae ook by te woon, boonop teen geen ekstra koste nie. Die KragDag Raadsaal program verskyn binnekort op KragDag se webtuiste.
  • Daar is ook ‘n kampterrein op die KragDag perseel en akkommodasie in die omgewing vir mense wat wil oorbly. Klik HIER!

Hekgelde (R80 … of NIKS!)

  •  per persoon. Indien jy egter met jou e-posadres teen 7 Augustus op KragDag se webtuiste registreer, kan jy gratis toegang kry. As jy vooraf geregistreer het of eenmaal deur die hek is, gee dit ook vir jou gratis toegang vir die ander twee dae.
  • In teenstelling met baie ander ekspo’s is KragDag ‘n gesinsgeleentheid en daarom kan kinders tot 18 jaar gratis inkom. Vir volwassenes is die hekgeld R80

Jy hoef nie KragDag by te woon nie, maar kan jy dit bekostig om dit nie te doen nie?

  • Dit is ‘n dag, of drie dae, in jou jaar goed spandeer. Die effek van die vrywees filosofie wat integraal deel is van KragDag en die uitstallings wat hiermee handel, kan ‘n groot impak op jou lewe maak.
  • KragDag bied ‘n inspirerend leersame dag in ‘n karnaval atmosfeer. Alhoewel jy ‘n groot hoeveelheid genot en vermaak by KragDag sal beleef, is KragDag uitsonderlik daarin dat jy by die ekspo nie net ‘n vermaaklikheidstoeskouer is nie, maar ‘n deelnemer in interaksie met dinge wat ‘n verskil in jou lewe kan maak.

Vir meer besonderhede besoek www.kragdag.co.za.

******

Nog pluimpies vanaf Kragdag se Facebook bladsy:

Nadat my man my vertel het van Kragdag die vorige jaar, is hierdie beslis ‘n geleentheid om nie mis te loop elke jaar nie. ‘n Hoogtepunt gewees vir my die jaar … die trots van Afrikaner wees, tussen my mense met ons tradisie en waardes. Reëlings was puik getref, toiletgeriewe was puik en stalletjies en inligting uit die boonste rakke. Baie dankie vir ‘n heerlike dag … sien julle beslis weer volgende jaar.

– Ronel du Preez de Wet

Nice to see Civil Society organisations supporting their constituency (even if it is mainly White and Afrikaans).

The show was open to everyone regardless of ethnic or language grouping. The pride that Afrikaners have of their language and culture is admirable – I didn’t hear a single song that was not in Afrikaans from the music that was playing. The Afrikaners came out in great numbers to support their own.

The country atmosphere and hospitality was on another level.

Whilst others were quaffing wine (apologies, they were ‘tasting’ wine) on a mall about 20km away, other people were busy showcasing solutions for not just improving their properties but their lives too. The sustainable energy and water management solutions were on point.

Looking forward to coming next year.

– Simphiwe Hlophe (effens verkort)

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes