Deel die artikel met jou vriende:

Waarom gif gebruik as frekwensies beter werk?

Beheer van Blaaspootjies

Frekwensies is goedkoop en effektief, ja selfs meer effektief as chemiese middels. Elke organisme het ‘n frekwensie en kan dus beheer word deur die regte frekwensies te gebruik. Frekwensies is natuurlik en onskadelik vir al die ander organismes wat nie geteiken word nie. Die proses kan baie akkuraat aangewend word deur slegs die area en die spesies te beheer, sonder om roofdiere en bye aan te tas. Van swamme en plantsiektes tot insekte, alge, voëls, rotte en jakkalse kan só beheer word.

Waterkwaliteit word verbeter met verhoogde suurstof en laë oppervlakte spanning om sodoende 30% water te spaar, pype en kettels skoon te hou. Hierdie gestruktureerde water hou besondere voordele in vir atlete, vlugduiwe en renperde aangesien dit bloedsuurstof verhoog, terwyl gewig verminder omrede minder water saamgedra hoef te word. Rypbestandheid met frekwensies word verkry deur te voorkom dat die water in die plante vries tot -6°C. Plante en diere presteer beter met frekwensiebehandeling en bosluise en parasiete kan ook beheer word.

Beheer van Avoswamme

Die kristalfrekwensies word gekombineer met kwantum fisika beginsels om afstandbeheer te verkry. Jakkalse, voëls en ape word uit landerye gehou terwyl rotte en muise gedood word. Met verbeterde toerusting en nuwe tegnieke kan swamme en klein insekte nou mikroskopies gefotografeer word vir beter beheer. Dit help produsente en verpakkers om hul uitvoervrugte en -groente swamvry te hou, tot by die oorsese gebruikers. ‘n Klein plakkertjie, die “Delay Decay” wat op die kartonne geplak kan word, hou produkte vars tot by die gebruiker soos wat op meegaande fotos gesien kan word. Selfs die boomkewer en swam wat bome dood kan nou beheer word.

Die behandelings werk op enige plek in die wêreld en word selfs oorsee en in buurlande gebruik. Agri Frequencies se kliënte kan self meet dat hul die frekwensies ontvang en alle dienste het ‘n geldterug-waarborg. Ons het ‘n spesiale reeks produkte vir die huis, kantoor en tuin wat al hierdie dienste op kleinskaal lewer, dit wil sê vir ‘n 40m radius. Dit is ideaal om rotte, kakkerlakke, miere en termiete, insekte ensovoorts weg te hou, dit beskerm u tuin teen ryp en spaar selfs 30% water. Hierdie produkte penetreer strukture en dood selfs rotte en insekte onder die grond. Vir die swembad en visdam het ons ‘n strokie wat alge dood en vir u motor een wat 10% tot 15% brandstof spaar. Al hierdie huishoudelike produkte is gewaarborg om lewenslank te hou vir ‘n eenmalige bedrag van R800 elk.

Beheer blaarvlekswam

Ons het met Mnr. Arno Vlok, eienaar van Welgevonden op Riebeek Kasteel, gesels wat nektarines, druiwe en steenvrugte kweek. Hy sê:

“Ek gebruik frekwensies om insekte, swamme, slakke en voëls te beheer nou al vir die 2de seisoen. Ek het altyd baie slakke gehad en by my bure is daar talle slakke, maar op my plaas is daar amper niks, die eerste 100meter in my buurman se grond kon ek net 10 slakke tel, die 2de 100m was daar 100 slakke, wat ‘n duidelike aanduiding is van hoe effektief die frekwensies werk op die slakke ook, selfs bietjie oor my grense.

Hier is die bedryfsresultate van vrugtevlieggetalle in Riebeek Kasteel omgewing. Die blou lyntjie is die area gemiddeld waar chemiese beheer toegepas was. Die bruin lyntjie is die plaas Welgevonden waar net frekwensies gebruik was om vrutevlieg te beheer.

Die vrugtevlieë is baie goed onder beheer op my plaas soos op die grafiek (hierbo) gesien kan word en so ook die stinkluise, plantluise, blaaspootjies en ander insekte. Die frekwensie behandeling dra by tot beter vrugkwaliteit en -opbrengs. Agri Frequencies struktureer my water en ons gebruik sowat 30% minder water as voorheen. My pype bly skoon van aanpaksels en die damme bly skoon van alge. Dit was die tweede seisoen dat ek Agri Frequencies gebruik het en my resultate verbeter steeds. Boonop is die frekwensiebeheer baie goedkoper as chemikalieë en die volle pakket kos my net R100 per hektaar per maand. Die uitvoermark verkies skoon vrugte wat nie met gif bespuit is nie en ek het geen probleem met chemikalieë op my vrugte nie, hierdie tegnologie het net betyds gekom om ons boere te help met die streng verbruikersvoorskrifte. Die stelsel werk vir my, ek het net nodig om gereeld foto’s te stuur, om seker te maak die stelsel op datum is met al die nuutste peste en plae. Ek kan enige tyd meet om te sien dat die frekwensies my wel bereik.”

Kom besoek Agri Frequencies se stalletjie by die Sakeliga KragDag Ekspo vanaf 8 – 10 Augustus 2019 en kom hoor hoe frekwensies aangewend kan word om peste en plae te bestry.

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

2.20 avg. rating (50% score) - 5 votes