Deel die artikel met jou vriende:

Kom luister gratis na hierdie aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Vrydag 10 Augustus tussen 13:30 en 14:30 in die Raadsaal op die KragDagterrein.

Aanbieder:

Isobel van der Stoep is ‘n landbou-ingenieur wat spesialiseer in besproeiing en het meer as 20 jaar se ervaring in die besproeiingswaterbestuursveld. Sy was ‘n dosent aan die Universiteit van Pretoria vir 9 jaar en het ook vir verskeie raadgewende firmas gewerk. Tans is sy die tegniese uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI), waar sy verantwoordelik is vir die reël en aanbieding van besproeiingsontwerp-en bestuurskursusse. Sy is egter steeds ook nog betrokke by navorsingsprojekte aangaande watergebruiksdoeltreffendheid, watermeting en energie-doeltreffendheid van besproeiingstelsels.

 

Opsomming:

Wanneer ons waterbronne onder druk kom, is dit nodig dat ons kan na ons watertoedieningspraktyke en hoe bestuur toegepas kan word om die beskikbare water meer doeltreffend te gebruik. Beste bestuurspraktyke sluit in grondkartering, waterkwaliteitsmonitoring, besproeiingskedulering, gebruik van afstandswaarnemingstegnologie, outomatisering en watermeting. Die aanbieding sal die gehoor meer van hierdie onderwerpe vertel.


 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes