Deel die artikel met jou vriende:

Kom luister gratis na hierdie aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Saterdag 11 Augustus tussen 11:00 en 12:00 in die Raadsaal op die KragDagterrein.

Aanbieder:

Herman se professionele ondervinding in die oudit van plaaslike en internasionale maatskappye strek oor meer as 20 jaar. Herman diens ‘n aantal familiebesighede in Suid- Afrika. Herman is ook PwC se besigheidsleier in Gauteng.

Herman is ‘n gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse Geoktrooieerde Rekenmeester

Opsomming:

Die privaat-en familiebesigheidsmodel is ’n drywer  van groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie is. In ’n toenemend komplekse wêreld wat al meer risiko’s inhou, het HUB’s van privaatmaatskappye die voordeel dat hulle op `n meer behendige, aanpasbare en pragmatiese wyse as talle van hul teëvoeters by publieke maatskappye kan optree. Die landskap van hierdie tipe besighede is uniek, so ook hulle uitdagings en oplossings. Heelwat van ons kliënte is privaatmaatskappye en hul eienaars. Hierdie marksegment is vir ons baie belangrik, en ons het met die verloop van tyd ervare, hoogs betroubare besigheids-adviseurs ontwikkel wat vertroud is met privaatmaatskappye se spesifieke uitdagings in hul strewe na volgehoue groei en winsgewendheid.

 


0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes