‘n Oorskou van energie en elektrisiteit in die toekoms vir Suid Afrika

Deel die artikel met jou vriende:

Gedurende KragDag 2018 doen Prof Willie Cronje ‘n aanbieding in die Raadsaal waarin hy ‘n kykie gee na die energie-situasie op internasionale, nasionale en persoonlike vlak. Sekere vrae is aan die orde gestel:

  • Hoe koppel dit alles met finansies?
  • Wat is die internasionale geopolitiese invloed op hierdie gebied?
  • Wat is die invloed wat uitgeoefen word deur plaaslike verwikkelinge in Suid Afrika? Hier word byvoorbeeld gedink aan die rol van Eskom en die Departement van Energie.
  • Wat is die mega-tendense wat hierin ‘n rol speel … en hoe moet jy jouself posisioneer ten opsigte van hierdie verwikkelinge?

Prof Cronje beklee tans die leerstoel, Alstom Chair for Clean Energy Systems Technology, by die Universiteit van die Witwatersrand. Hy het in 1985 ‘n B.Ing Elektries graad aan die Randse Afrikaanse Universiteit verwerf. Daarna doen hy in 1988 ‘n M.Ing graad in Elektriese ingenieurswese, ook by RAU. Na nasionale diensplig, ‘n kort periode by die WNNR en as personeellid by RAU behaal hy die D.Ing graad in 1993 en doen daarna vir een jaar, 1994/95,  post-doktorale studies by Paderborn Universiteit in Duitsland. Sedert 2004 is hy aangestel as professor in elektriese masjiene by Wits. Tans fokus Prof Cronje op energiestelsels wat tot 100% op hernubare energie staatmaak. Hy het ‘n spesifieke belangstelling in alleenstaande energiestelsels vir dele van Afrika waar geen/min infrastruktuur beskikbaar is.

Kyk gerus na die volgende insiggewende video:

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

2.67 avg. rating (61% score) - 3 votes

About the Author:

Leave A Comment

*

code