Deel die artikel met jou vriende:

Die tempo waarteen die verkope van sonkragstelsels in Suid-Afrika groei, word deur ‘n verskeidenheid faktore beïnvloed, soos onder andere Eskom-tariefverhogings, die betroubaarheid van die elektriese infrastruktuur asook die koste van sonstelsels self. Die jaarlikse Eskomtariefverhogings bevorder die gebruik van netwerk-gekoppelde sonstelsels en dien as motivering dat eindverbruikers hulle eie elektriese energie teen ‘n fraksie van die Eskomprys opwek. Met elke Eskomkrag-verhoging raak dit meer lonend om na sonkrag oor te skakel.

Ongelukkig beteken die verhoogde tempo waarteen nuwe verbruikers in sonstelsels investeer, ook dat die risiko vir eindverbruikers teen dieselfde tempo groei. Die sonkragmark is egter nog nie volwasse genoeg om ‘n ingeligte werkers- en verkoopsmag te lewer nie. Om hierdie rede hou die toenemende belangstelling en groei van sonkragtegnologie inherente risiko’s vir die koperspubliek in.

Innoverende entrepreneurs identifiseer nuwe geleenthede en belê self in die mark ten einde ‘n opbrengs op kapitaal en ‘n goeie wins te realiseer. Dit word gedoen deur sonkragstelsels en -toerusting via nuwe of bestaande ondernemings aan verbruikers te verkoop, maar ook te installeer, ongeag of hulle die tegniese vaardighede en kennis daarvoor het of nie.

In baie gevalle laat hierdie situasie verbruikers met toerusting wat nie aan hulle doel beantwoord nie en wat boonop dalk onveilige installasies is. Daarom word dit vir eienaars van sonkragstelsels nodig om risiko’s vir hulle belegging in hernubare energie te identifiseer en te verminder, deur hulle kennis op te skerp en betroubare kontrakteurs en verspreiders te ondersteun.

Die volgende aanbieding oor risko-vermindering tydens die aanskaffing van sonkragstelsels is gedurende KragDag 2019 deur Linda Gould in die Raadsaal aangebied.

Linda Gould is tans die sekretaris van AREP (Association for Renewable Energy Practitioners), ‘n organisasie sonder winsoogmerk, wat ontstaan het met die doel om praktisyns in die hernubare energie sektor behulpsaam te wees – in besonder ten opsigte van Sonkragstelsels. Haar fokusarea by AREP sluit in voldoening, fidusiêre navolging, navorsing asook AREP se kwaliteitsversekeringsplatform.

Bo en behalwe haar betrokkenheid by AREP is Linda ook betrokke by die onderneming PQRS, een van die grootste opleidingverskaffers in die Suid-Afrikaanse Sonpaneelmark waar sy gemoeid is met kursusbestuur.

Voorheen was Linda die Direkteur van Operasies by Education Africa – ‘n leidinggewende maatskappy sonder winsbejag in die opvoedkunde-sektor en waar sy 12 verskillende opleidingsprogramme regoor Suid-Afrika bestuur het.

Linda het die volgende kwalifikasies:

  • ‘n Baccalaureusgraad in Opvoedkunde met hoofvakke Engels en Aardrykskunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit
  • ‘n Honeursgraad in Taal- en Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Johannesburg

KragDag, in samewerking met PQRS, bied op 14 September 2019 ‘n eendagkursus aan,  “Verstaan, beplan en installeer jou eie sonkragstelsel”. Dit is ‘n praktiese inleidende kursus, ideaal vir Doen-Dit-Self-entoesiaste, persone met min of geen elektriese kennis, sowel as elektrisiëns en ander vakmanne. Hierdie kursus rus jou toe met kennis wat nodig is om ‘n sonkraginstallaie te doen en om die regte sonkragstelselkomponente aan te skaf

Om jou plek te bespreek KLIK HIER!

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes