Wanneer die muggies vlieg: siektes van skape, bokke, beeste en perde

Muggies (wetenskaplike naam Culicoides) veroorsaak seisoenale siektes van skape, bokke, wild, beeste en perde gedurende die laat somer en herfs, nadat swaar reën begin val het. Die siektes verdwyn gewoonlik ongeveer twee weke na die eerste ryp in die Hoëveld-streke. [...]