Deel die artikel met jou vriende:

Die arbeidsfaktor (PF – power factor), is die verhouding tussen kW (kilowatt) en kVA (kilovolt-ampère). Die verskil tussen die twee groothede word veroorsaak deur reaktansie in die stroombaan en verteenwoordig elektriese energie wat geen nuttige werk doen nie. Die ideale arbeidsfaktor is 1 maar ‘n mens kan enigiets verwag van 0,5 tot 0,99.

Wat veroorsaak ‘n lae Arbeidsfaktor?

In fabrieke word meestal drie fase induksie-motors gebruik. Ons weet dat die induksie-motor teen ‘n swak arbeidsfaktor funksioneer. Onder geen-las of ligte-las toestande wissel die arbeidsfaktor van 0,2 tot 0,3. Maar onder ‘n vol las, werk die elektriese motor beter met ‘n arbeidsfaktor rondom 0,85. Sulke induksie-motors is een van die grootste oorsake van lae Arbeidsfaktor.

Waarom is die Arbeidsfaktor belangrik?

Verbetering van die Arbeidsfaktor kan stroomdraende kapasiteit maksimaliseer, spanning op toerusting verbeter en laer elektriese rekeninge tot gevolg hê. Die eenvoudigste manier om die arbeidsfaktor te verbeter, is om PF- kapasitore by die elektriese stelsel te voeg. PF-kapasitore dien as reaktiewe stroomgenerators. Hulle help om die nie-werkende energie wat gebruik word deur die induktiewe las in die elektriese stroomkomponent te sit, wat sodoende die Arbeidsfaktor te verbeter.

Wanneer beïnvloed Arbeidsfaktor my?

Daar is slegs spesifieke omstandighede waar ‘n Arbeidsfaktor van toepassing is:

  • ‘n Swak Arbeidsfaktor verhoog die maksimum-aanvraaggedeelte van u rekening – as daar geen maksimum of piekvraag lynitem op u rekening is wat in kVA gemeet word nie, dan is dit nie van toepassing nie. In die meeste medium en hoër kommersiële of industriële skaal geboue sal dit op die rekening van toepassing wees. As u na u rekening kyk sal u sien of u ‘n kVA-bedrag moet betaal. Indien u dit moet betaal dan word u beïnvloed.
  • As u die ampère wil verminder maar geen verandering wil maak nie, dan kan u ‘n Arbeidsfaktorpaneel installeer.
  • ‘n Belangrike ding om te onthou is dat lae Arbeidsfaktor nie jou energie verbruik (kWh) verhoog of verlaag nie. Onthou, as u alleenlik net vir energieverbruik (kWh) betaal, sal daar geen voordeel wees om ‘n Arbeidsfaktorpaneel te kry nie.

Waarom moet ek my Arbeidsfaktor verbeter?

Kliënte in die elektrisiteitsmark met kommersiële en industriële installasies betaal vir die skyndrywing kVA wat verbruik word. Die totale skyndrywing kan egter nie nuttig aangewend word nie. Om ‘n Arbeidsfaktorpaneel te installeer word die Arbeidsfaktor verbeter. Sodoende word die reaktiewe kragkomponent van die verbruiker aansienlik verminder wat tot gevolg het dat die besigheid elke maand geld spaar.

Hoe verbeter ek my Arbeidsfaktor?

Daar is verskeie metodes om die Arbeidsfaktor te verbeter. Dit kan onder andere die volgende insluit:

  • Arbeidsfaktor-regstelling deur middel van ‘n eenvoudige stelsel in u elektrisiteitsverspreidingpaneel ten einde die Arbeidsfaktor te reguleer deur toepaslike grootte kapasitors in en uit die stelsel te skakel. Die stelsel is spesifiek ontwerp vir u maatskappy se bedryfsprofiel.
  • Opgradering of vervanging van induktiewe laste wat nie naby hul ontwerpvermoë funksioneer nie.
  • Die gebruik van Reëlbare Spoedaandrywing (VSD – Variable Speed Drives) om elektriese motors te beheer na gelang van die motorspoed of -wringkrag wat nodig is.

Hoe monitor ek die verbetering?

Die verbetering  kan eerstehands gesien word deur die stroom te meet. Mettertyd sal dit in jou kragrekening weerspieël word as ‘n vermindering in verbruik, spesifiek ‘n vermindering in die skynbare kragverbruik (kVA).

Hoe lank gaan dit vat vir die belegging om homself af te betaal?

  • Die kostebesparing van die installering van ‘n Arbeidsfaktorpaneel sal afhang van die grootte van u installasie en die Arbeidsfaktorpaneel. Hoe laer die Arbeidsfaktor is, hoe duurder sal dit wees om dit reg te stel.
  • Hoe laer die Arbeidsfaktor egter is, hoe hoër is die potensiële besparings en dus sal die opbrengs op die belegging oor ‘n korter tydperk gesien word.

Gevolgtrekking

Kommersiële en industriële terreine, waar daar baie induktiewe laste geïnstalleer is, moet die korrekte aanpassing van Arbeidsfaktor oorweeg, tesame met ander metodes om die verbruik van elektriese krag te verminder.

Kom besoek PFC Engineering se uitstalling by die Sakeliga KragDag Ekspo vanaf 8 – 10 Augustus 2019 en kom hoor hoe  jou elektrisiteitsrekening verminder kan word.

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

5.00 avg. rating (96% score) - 3 votes